Dewetsdorp Landbou

Hier is ‘n paar fotos wat op die 31ste Mei 2018 geneem is tydens die oorhandiging van kospakke aan instansies in Dewetsdorp se plaaslike gemeenskap .

Op die dag is kosvoorraad vir ongeveer 2 maande aan 4 instansies oorhandig. Hierdie instansies kry nie ondersteuning of finansiering van die staat nie. Daar is ‘n tehuis vir weeskinders wat 28 kinders huisves en ‘n bedrag van R 4000.00 is bygedra om die woonkwartiere daar te verbeter. ‘n Dagsorg tehuis wat kinders met gestremdhede versorg is van kosvoorraad voorsien. Daar is ook ‘n kleuterskool, wat die dag voor die skenking beroof was, wat kosvoorraad ontvang het. ‘n Groep bejaardes het ook elk ‘n kospak ontvang.

Die fondse wat deur  Dewetsdorp Landou ingesamel word tydens die jaarlikse “Veldfees”,  word weer in die gemeenskap vir projekte en skenkings aan instansies waar daar behoefte is, teruggeploeg. Die “Veldfees” is ‘n jaarlikse gebeurtenis  in Dewetsdorp  en word deur Dewetsdorp Landbou aangebied. Op die dag word daar skaap en bees vertoon, ‘n skaaptel kompetisie vind plaas, daar is ‘n vroue program, vermaak vir die kinders, “paintball” kos en ander stalletjies en ‘n gaskunstenaars wat optreë.  ‘n Bergfiets wedren vind ook oor die naweek plaas wat as ‘n erkende kwalifiserende wedren deur  die Vrystaatse Bergfiets  Klub aangeteken word. Die Veldfees word uitstekend ondersteun deur instansies met belange in die Landbou wat as “Borge”  die sukses van die Veldfees verseker.  OVK is die hoofborg van die Veldfees. Daar is egter nog tientalle ander instansies wat as Borge bydra  en hul  produkte kom vertoon.

So is daar die afgelope jaar reeds  borgskap van R 10 000.00  verleen aan  plaaslike swart sokkerspanne om ‘n groot kompetisie dag tussen spanne aantebied.  Daar is vir die plaaslike “Stille Hawe tehuis vir bejaardes”  fondse beskikbaar gestel om ‘n kamerastelsel aantebring in van die kamers waar pasiënte gemonitor kan word. Daar word ook jaarliks op die “Mandeladag” ‘n “Skoonmaak Aksie” deur Dewetsdorp Landbou georganiseer, waar al die plaaslike skole, Dorpsbewoners en Boere met hul plaasarbeid en toerusting deelneem. Tydens die aksie word swart sakke voorsien en die Munisipale gebied in sones verdeel waar skole dan opruim en die Boere met vragmotors, trekkers en sleepwaens die sakke versamel en na die stortings terrein verwyder. Die plaaslike Brandbeskermings Vereeniging en WOF brand dan die vullis by die stortings terrein. Met die Landbou fondse word daar ook in die dorp verbeterings aangebring soos die naamborde by die dorp se ingang, slaggate in die strate word met gruis reggemaak,Vullisdromme in die dorp op die sypaadjies, die begrafplaas is ook omhein om veral beeste uit te hou wat skade aan grafstene veroorsaak.

Die begrafplaas word ook gereeld deur Boere en hul werkers skoongemaak, by die Gholfklub se klubhuis is ook ‘n plafon aangebring en ‘n  subsidie is beskikbaar aan Boere wat veiligheidskameras wil instaleer. Platvorms is geskep waar daar met die Munisipaliteit , SAPD, gemeenskapsleiers en rolspelers in die dorp en Landbou vergader word om gemeenskaplike probleme en uitdagings aantespreek en oplossings te vind.